Spogtee_Finesse_20_verjaarsdag

Finesse word 20 en jy is uitgenooi na die feesvierings!

Ons lesers is spesiaal en verdien om soos goud behandel te word.
Watter beter manier om vroue te bederf as met ’n regte, egte teepartytjie?

Lesers word met ’n glasie bruiswyn verwelkom. Later word daar gesmul aan koek, fyngebak en skons met aarbeie en room. Jy kry ook die kans om soos ’n ware dame pinkie in die lug ’n koppie varsgebroude tee te geniet.

Redakteur Venessa Schoeman het bekende en geliefde vroue genooi om saam te kuier. Voorbladvroue, medewerkers, kenners en radio- en TV-persoonlikhede gaan die spoggeleentheid saam met ons lesers bywoon.

Lesers sal bederf word met ’n Finesse-geskenkpak, inspirerende woorde van sprekers en ander vermaak. ’n Modevertoning sal jou wys hoe om op jou beste te lyk vir daardie spesiale geleentheid. Of jy uitgaan vir ete, ’n troue bywoon of net stylvoller wil lyk, jy sal ’n magdom klerekas-idees kry.

Hierdie eksklusiewe vyfstergeleentheid vind plaas op Saterdag 19 Mei by Stellenrust, Stellenbosch, en op Saterdag 26 Mei by Monte De Dios, Pretoria.

Haal jou spoggerigste hoed en hoëhakskoene uit die kas – jy wen dalk ’n prys vir die mooiste hoed, skoene of uitrusting. Nooi jou ma, dogter of vriendin en kom kuier saam by die “Ons vier 20 jaar”-spogtee.

 

Pretoria

DATUM | Saterdag 26 Mei
PLEK | Monte De Dios, Pretoria
TYD | 09:00 – 11:00 | 14:00 – 16:00
KAARTJIES | R250 per persoon | Tafel (10 vroue) teen R2 000
INGESLUIT | ’n Finesse-subskripsie vir ’n jaar ter waarde van R359,10

 

Stellenbosch

DATUM | Saterdag 19 Mei
PLEK | Stellenrust, Stellenbosch
TYD | 09:00 – 11:00 (UITVERKOOP) | 14:00 – 16:00 (UITVERKOOP)
KAARTJIES | R250 per persoon | Tafel (10 vroue) teen R2 000
INGESLUIT | ’n Finesse-subskripsie vir ’n jaar ter waarde van R359,10

Pretoria - Enkel kaartjies
R 250
Pretoria - Tafelbespreking
R 2 000
UITVERKOOP
Stellenbosch - Enkel kaartjies
R 250
UITVERKOOP
Stellenbosch - Tafelbespreking
R 2 000