Kom kuier saam by die King Price Nuwe Jy Fees & Pretdraf op Saterdag
20 Oktober by die lieflike Copperleaf Gholflandgoed in Centurion (Pretoria).

Dié een-dag-byeenkoms bied fiksheidsklasse deur topafrigters, en praatjies deur kenners oor selfvertroue, voeding en welstand.

Jy kan kook gesond demonstrasies bywoon, en daar sal ook ’n fees van fynproewers- en fiksheidstalletjies wees vir kyk, koop en eet.

Kom draf of stap die 5 km-pretdraf saam en ontmoet die wenner van die CSN Nuwe Jy-program.

Datum | Saterdag, 20 Oktober
Plek | Copperleaf Gholflandgoed in Centurion (Pretoria)
Tyd | Wedloop begin 07:30 (Registrasie begin reeds om 05:00)
Kaartjies | Slegs R200 R150 per persoon.

pound

OEFEN!

Vergeet van oefen in die gimnasium daardie naweek! Val eerder in by een van die Virgin Active se Pound-klasse. Pound is so dinamies en prettig, jy vergeet skoon jy is eintlik besig om te oefen.
Body20 wys jou met hulle demonstrasiesessies hoe jy in net twintig minute ’n week sterker en fikser kan word.
Die King Pricespringkasteel is jou heeldag ope uitnodiging tot lae impakoefening wat terselfdertyd jou balans verbeter.
Springkasteelspring is ’n doeltreffende manier om die brein te laat ontspan en hou verskeie gesondheidsvoordele in – én dis hope pret!

Lynette-Beer

DINK!

Jou gedagtes bepaal meestal hoe jy voel – of jy daarvan bewus is of nie. Sal dit nie wonderlik wees as jy jou gedagtes enige tyd kan beheer sodat jy kan verander hoe jy voel nie? Jy kán, sê Lynette Beer.
Lynette het die gawe om gemaklik met enige ouderdomsgroep te gesels. Sy is uitstekend daarin om mense te help om hulle ware innerlike krag te ontdek.
Sy deel graag op haar unieke, vermaaklike manier haar praktiese kennis, van toepassing op jou persoonlike lewe en op die lewe in die algemeen.
Haar skerp humorsin maak dit groot pret om na haar te luister.

Izelle

EET!

Hierdie jaar kry jy die kans om Izelle Hoffman, leefstylsjef van Die Groot Ontbyt op kykNET, te ontmoet.
Saam met Bosch en hulle begeerlike kombuistoestelle wys Izelle hoe gewone kombuise in restaurante vir gesond eet omskep kan word. Haar resepte en idees is smaaklik, maklik en gesond.
Karien Nel en Carla van Vuuren se ma-en-dogter-verhaal van gewigsverlies en die genesing van emosionele pyn sal jou asem wegslaan. Hoe hulle lewens verander het, klink soos ’n sprokie, maar dit was harde werk. Saam met die CSN-eetplan het hulle drome waar geword. Hulle gaan ook die wenner van die CSN Nuwe Jy-program aankondig.

draf

PRETDRAF

Ons pretdraf is ’n jolige affêre waarin klaarmaak belangriker is as wen. Kom draf of stap saam met ons die 5 Kilometer vir Kinders.
Trek aan soos jou gunsteling-karakter in die sirkus, ’n sweefstokarties, hanswors of leeutemmer… Gee jou verbeelding vrye teuels, maar onthou jou tekkies!
Kom spring weg saam met Elsa Esterhuizen, Die Groot Ontbyt-aanbieder, en sweet vir ’n goeie doel. Ons skenk 10% van die kaartjieverkope aan die liefdadigheidsorganisasie Caring Daisies, wat veral kinders wat al moed opgegee het, met nuwe hoop verras.

lyn

Wat jy nog by die Nuwe Jy-fees kan verwag…

• Jou gratis T-hemp vir die pretdraf.

• Sodra jy oor die wenstreep gehardloop het, wag FitChef jou in met ‘n heerlike yskoue smoothie.

• Gaskunstenaar Willem Botha se liedjies oor die mooi dinge sal jou meer positief oor die wêreld laat dink en voel.

• Gratis gesondheidstoetse saam met Dis-Chem om seker te maak jou bloeddruk, cholesterol, bloedsuiker, gewig en liggaamsmassa-indeks is gesond.

Nekmasserings deur die bekwame mense van Placécol sal jou spanning wegstreel.

• ‘n Gratis Geneway-toetsstel en spesiale afslag op die GENEDIETtoets, om uit te vind watter dieet die beste vir jou sal werk na aanleiding van jou geen-toets.

• Eksklusiewe afslag, om minder te betaal vir die CSN-eetplan en ander gesondheidsprodukte by Voelgoedwinkel.

lyn
NUWE JY-FEES 2018
R 200 R 150

  • Kaartjies slegs R150 ipv R200

    Ingesluit:

    • Jou gratis T-hemp vir die pretdraf

    • R100 Placecol afslagbewys (Spandeer R250)

    • 'n Gratis boek Dieet Joernaal (R160)

    • Gratis FitChef smoothie

    Geldig tot 30 September

    (Kinders betaal dieselfde bedrag, geen toesig beskikbaar)
Kontak Ons