braaf2

Finesse se Pa-en-seun-aand, “Braaf!”, is ’n kans vir pa’s en seuns (oupas, ooms en neefs) om gehaltetyd saam deur te bring. Motiveringsprekers soos Wouter Snyman, Pieter Koen en Dewald Gouws deel hulle wysheid terwyl die manne sop, broodjies en biltong geniet en heerlik saamkuier.

DATUM | Woensdag 13 Junie
TYD | 17:30 vir 18:00
PLEK | Kompas Gemeente, Vanderbijlpark
KAARTJIES | R150 (per persoon) en R200 (pa-en-seun)
INGESLUIT | Sop, broodjies en biltong
+
Bespreek vóór 2 Junie en kry Kreatiewe rugby (R120) gratis as Vadersdag-geskenk vir jou man.

Elke pa wonder: Kan ek my seun se rolmodel wees? Die antwoord is: “Ja!” Jy is presies wat jou seun nodig het, want jy
is die man wat God in jou kind se lewe geplaas het. ’n Pa lok die ongelooflike man wat in sy seun skuil, om na vore te tree.

Hoe? Deur onvoorwaardelike liefde, aanmoediging, die vermoë om regtig te luister en sagte leierskap.

Manne in die kollig vertel hoe moet ’n ware man lyk

Dewald Gouws het God se hart deur musiek ontdek en weet hoe om manne aan die brand te sing. Uit sy hart vertel hy van sy ervarings met die vals idees van manlikheid en hoe hy ware manlikheid nou verstaan en leef.

Hy wys hoe om die regte verhoudings te hê, jou gesin regtig lief te hê en deur hulle liefgehê te word. Hoe dit is om ’n doel te hê wat ver groter is as jyself.

’n Ware man aanvaar verantwoordelikheid vir sy dade, keuses, waardes en dit waarin hy glo. Hoe ’n mens dapper genoeg kan wees om dít reg te kry, is waaroor Pieter Koen praat. As TV-persoonlikheid leef hy in die kollig en weet hy hoe groot die uitdaging van verantwoordelikheid kan wees.

Hoe om die (brawe) daad by die woord te voeg, word deur sakeman Wouter Snyman ontrafel. Om ’n man te wees, is baie belangriker as om soos een te praat. Ware mans gaan doen!

Koester jou seun en vang die oomblik vas

Aan die einde van die aand lei Marius Malan, predikant van Kompas Gemeente, ’n geleentheid waar pa’s die kans kry om hulle seuns te seën. God het aan ouers die voorreg en mag gegee om seëninge oor hulle kinders uit te spreek en daardeur hulle lewens te verryk met gesondheid, groei, vreugde en selfvertroue.

Die doel van hierdie deel van die geleentheid is om ’n oomblik te stop en oor die reis te dink wat jou en jou seun tot by hierdie kosbare oomblik gebring het. Daarna is daar geleentheid om ’n pa-seun-selfie te neem, as getuienis om op Facebook met die wêreld te deel. So, jammer, ma’s, hierdie aand is net die manne s’n!

Vadersdag is Sondag 17 Junie. Bederf die manne in jou lewe én maak ’n belegging in hulle verhouding deur kaartjies te koop vir die Pa-en-seun-aand, “Braaf!”.

Dewald_Gouws

Dewald Gouws

Pieter_Koen

Pieter Koen

Wouter_Braaf

Wouter Snyman

Marius_Malan

Marius Malan

Enkel kaartjies
R 150
Pa en seun
R 200
Pa en 2 seuns
R 300