Die 100-dae-uitdaging

Meer oor             |             Die Nuwe Jy-app            |            Skryf in            |            Kontak ons

Al wat nodig is vir ’n nuwe jy, is 100 dae. Een honderd dae van slimmer eet, meer oefen en ’n kopskuif maak vir gewigsverlies.
Die uitdaging begin op 28 Januarie en eindig op 28 Mei.

Sê nou jy kon deel word van iets groters? ’n Groep vroue by wie jy inspirasie kan kry en ander kan inspireer? Ons sal jou help om ’n nuwe, beter jy te word terwyl jy gewig verloor.

“Dis nooit te laat om jou lyf of jou leefstyl te verander nie. As ek dit kon doen, kan jy ook. Dit begin met ’n besluit. Uit die besluit vloei nuwe dade, daaruit vloei nuwe gewoontes, en nuwe, beter gewoontes skep ’n beter lewe.”

Laetitia Dee, leefstylafrigter en HUB van Laetus Life, en ook Finesse se Nuwe Jy-redakteur.

Wat nodig is om te begin

Die uitdaging begin op 28 Januarie en eindig op 28 Mei. Daar is min reëls om te volg en as jy die reëls nakom, wen jy. So eenvoudig.

Maar dis nie maklik nie. As dit maklik was, kon ons dit nie ’n uitdaging noem nie en sou jy mos reeds die lyf gehad het wat jy begeer!

Om jou kop reg te kry, ontvang jy elke dag vir 100 dae die kennis wat jy benodig om jou ongesonde gewoontes en lewenspatrone eens en vir altyd te staak. Kopskuif en gewig afgooi gaan uiteindelik vir jou verstaanbaar en moontlik wees.

As ’n bonus het jy toegang tot ’n span kenners en hulle kennis om jou gemotiveerd te hou.

Jy kry ook ’n volledige eetplan, dieettabel en oefenplan.

Ons daaglikse motivering en inspirerende woorde sal jou help om by die plan te bly.

Dis wat jy alles met die Nuwe Jy-app kry

Laai die app af en kry ’n 7-dag-eetplan, volgens jou behoeftes, deur dieetkundige Amanda Kuit. Dit bestaan uit doodgewone kossoorte wat jy kan bekostig en by enige supermark kan koop.

Vir spesiale geleenthede of daardie dae dat ’n mens ’n bietjie móét kul, is daar ’n lys kossoorte wat jy mag uitruil.

Jy kry toegang tot oefenvideo’s van Linda Kriel. Daar is iets vir almal, van beginners tot middelvlak- en gevorderde oefeninge. Linda fokus op dit wat regtig werk om vet te verbrand en jou spiere te verferm sodat jy op jou beste kan lyk. Gebruik die toerusting in die gimnasium of oefen sonder toerusting in die gerief van jou huis.

Motivering en inspirasie deur ons kundiges, soos Eugene Kemp (sielkundige) en Kobus Neethling (kreatiwiteitskenner) hou jou kop reg. Jy sal leer hoe om in jou gedagtes die stryd te wen in moontlik die grootste leefstylaanpassing van jou lewe.

Jy hoef dit nie alleen te doen nie

Jy kry toegang tot ’n eksklusiewe, geslote Facebook-groep en word deel van ’n gemeenskap wat jou vrae sal beantwoord, wenke en resepte deel en jou sal aanmoedig en ondersteun. Dit is al klaar meer werd as jou inskrywingsfooi.

Vir die heel eerste keer bied ons nou ook ’n vriendinne- en paartjie-uitdaging. Skryf bloot in en verstrek jou vriendin of maat se naam wanneer jy met die uitdaging begin.

Staan die kans om ’n bonusprys vir julle as vriendinne of as paartjie los te slaan. Jy en jou vriendin staan albei steeds die kans om vir die wenprys, naamlik ’n gratis oormaak- en fotosessie, in aanmerking te kom.

Almal verdien ’n bederf so af en toe. Wen hierdie fantastiese prys met die komplimente van Eugene (Ducksoup Productions), Carissa en Dedré (The Image Avenue) en Jolanda en Tanya (JB Makeup).

Al wat jy hoef te doen, is om terug te sit en die stiliste hulle towerstaffies te laat swaai om jou perfekte prentjie te skep.

Wat gebeur wanneer die uitdaging verby is?

Omdat deelnemers deurlopend foto’s van hulleself neem en rekord hou van die hoeveelheid gewig wat hulle verloor, word 20 van die topverloorders genooi vir ’n onderhoud om vir die Nuwe Jyselfverbeteringsprogram gekies te word.

Tien vroue dring dan deur tot die grootste oormaaksessie van hulle lewe. Vir drie maande word hulle deur ’n sielkundige ondersteun, kry hulle die CSN-eetplan, asook velsorg, haarsorg, stilering en ’n oefenplan.

Uiteindelik word een deelnemer tydens die Nuwe Jy-fees in Oktober as die wenner aangewys.

Nicki Swanepoel (34 jaar oud) was vanjaar se wenner. “Met die program het ek byna ’n hele mens se gewig afgeskud – miskien my hele ou self.

“Skielik sien ek die vrou en die waarde binne myself raak. Ek het ’n baie meer positiewe uitkyk op die lewe. Dit het ook wonders gedoen vir my menseverhoudings, veral met my man en dogter,” sê Nicki.


Skryf nóú in.
R100 | Vriendinne R180 vir twee | Paartjies R180 vir twee

Enkel
R 100


  • Pak die uitdaging op jou eie aan.
Vriendinne-uitdaging
R 180 vir twee


  • Pak die uitdaging saam met jou vriendin aan.
Paartjie-uitdaging
R 180 vir twee


  • Pak die uitdaging saam met jou maat aan.
Kontak Ons